Pan (mitologie)

Pan
Griekse god
Pan leer die herder Dafnis om die panfluit te speel, Romeinse kopie (2de eeu n.C.) van die Griekse oorspronklike werk (omstreeks 100 v.C.), moontlik van Heliodorus, in Pompeji gevind.
Pan leer die herder Dafnis om die panfluit te speel, Romeinse kopie (2de eeu n.C.) van die Griekse oorspronklike werk (omstreeks 100 v.C.), moontlik van Heliodorus, in Pompeji gevind.
Naam Pan
God van Herders, kuddes, volksmusiek
Blyplek Arkadië
Ouers Hermes en Penelope
Kinders Panes
Romeinse eweknie Faunus

Pan (Grieks: Πάν) was in die Griekse mitologie die metgesel van die nimfe[1] en die god van die herders, kuddes en volksmusiek – en hy is daarom ook verbind met vrugbaarheid en die lente. Hy het die agterlyf, bene en horings van ’n bok gehad en sy tuisland was die landelike Arkadië.

Sy eweknie in die Romeinse mitologie was Faunus, ’n natuurgees.

  1. Edwin L. Brown, "The Lycidas of Theocritus Idyll 7", Harvard Studies in Classical Philology, 1981:59–100.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne